Die Onverkenne Een

Wanneer die nag stil raak en my gedagtes tyd kry

om hulself te ontverm oor die diepte van my siel,

wonder ek soms oor die onverkrygbare wense

van ‘n onverkenne hart se liefde vir wat…

Ek is seker die definiese van liefde is dat dit tog wel

gerig moet wees aan ‘n ding of ‘n mens of ‘n droom of ‘n seun.

Maar wat van liefde sonder rigting of uiting

Is dit gek of geniaal… of genoeg?

Die liefde is jou eiendom, al eis jy dit nie.

Ek verpes my hart se ware noord, die aanwyser wat

die onmoontlike pad wil kies.

Maar, deur die still nag in my siel

moet ek sug

en aanvaar dat die onvergeetlike nie vergeetlik is nie,

waarvan die hart van vol is, bly die mond oor doodstil,

want in die diepte van die stil stil nag,

in die diepte van my stil stil siel,

weet ek, besef ek,

jy is die onverkrygbare een,

en ek die onverkenne een.

Advertisements